CrimeNews

’n Vlaag van diefstalle tref skole

Nóg twee Moot skole geteiken. Departement van Onderwys raak bekommerd.

‘n Skielike vlaag van diefstalle by Moot-skole is ‘n bron van kommer vir die Gauteng Departement van Onderwys.

Woordvoerder Thebe Khumalo sê dis nog nie duidelik of ‘n sindikaat agter die rooftogte is nie.

“Ons het die voorvalle aan die polisie oorgedra en hulle is besig met ’n ondersoek. Ons kan dus nie nou bevestig hoeveel tablette is gesteel of watter sekuriteitmaatreëls ons gaan instel nie. Dit kan moontlik die ondersoek belemmer,” het Khumalo gesê.

Rekenaar-tablette is meestal gesteel in agt skool-inbrake sedert die begin van Augustus. Die jongste slagoffers was Hoërskool Hendrik Verwoerd en Laerskool Voorspos wat Woensdag deurgeloop het.

Ander skole wat besteel is, sluit in Laerskool Generaal Jacques Pienaar, Laerskool Pierneef, Laerskool Queenswood, Laerskool Derdepoort, Laerskool Nellie Swart en Laerskool Toitusdal.

Luitenant Linda Jerling, woordvoerder van die Moot-polisie, sê die hoërskool se alarm was geaktiveer nadat twee vermeende diewe by die snoepie ingebreek het. “Volgens die beeldmateriaal het twee mans met ’n opslaantent spore gemaak.”

Daar is bevind dat verskeie stoorkamers se slotte oopgebreek is, maar net die opslaantent is vermis.

Dit is die tweede diefstal wat by dié skool sedert die begin van die jaar. “Die eerste een wastydens Maart/April skoolvakansie toe drie rekenaars gesteel is,” het Jerling gesê.

Kaptein Coba Brits van die Villieria-polisie sê dieselfde modus operadi is by Laerskool Voorpos gebruik as die by die ses ander Moot skole gebruik.

Die diewe ontkoppel die skool se alarmstelsel en kameras. Hulle klim dan deur die dak en gebruik ‘n hoekslyper om die kluiste oop te sny. Hulle maak dan skoonskip met tablette, rekenaars en kontant.

Vir meer nuus, volg Rekord op Twitter of ‘like’ ons op Facebook.

Lees ook: Ses skole loop onder diefstal deur

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button