
‘n Man van Centurion het Vrydagoggend in sy vrou se arms gesterf nadat rowers toegang tot hul huis in ‘n veiligheidskompleks verkry het en hom drie keer in die kop geskiet het.
Kaptein Bongikosi Msimango, polisiewoordvoerder, het gesê Paul Vermaak (54) en sy vrou, Louisa, is omstreeks 04:00 deur twee gewapende mans in hul huis op die Copperleaf-gholflandgoed oorval.
Hulle het geslaap.
‘n Struweling het tussen Paul en die mans ontstaan en hy is drie keer in die kop geskiet.
“Hy is op die toneel in sy vrou se arms dood,” het Msimango gesê.
Die mans het met ‘n selfoon en ‘n sak met ‘n beursie daarin gevlug.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Die Wierdabrug-polisie ondersoek die saak.
Vir meer nuus, volg Rekord op Twitter of ‘like’ ons op Facebook.
