
‘n Inwoner van Pretoria Noord, Banie van Hulst, is Dinsdag ingeloop deur ‘n man wat voorgegee het hy is ‘n werknemer van Eskom.
Die swendelaar het by Hulst se werkplek – Africa Institute for strategic evandulism(AFNET) – opgedaag en gesê hy is van Eskom. Hy het aan Hulst verduidelik dat ‘n kontant-betaling van R950 aan hom sal voorkom dat AFNET se krag afgesny word.
Hulst het die man aangeraai om die president van AFNET, Dr Johan Combrink, te bel. Die man kort daarna aan Hulst gesê dat Combrink akkoord gaan en Hulst het die geld aan die man oorhandig.
Toe Combrink later die dag terug is by die kantoor, het hy niks van die man geweet nie. Die man het duidelik net voorgegee dat hy wel met Combrink gepraat het.
Vir meer nuusbrokkies, volg Rekord op Twitter of besoek ons op Facebook.
