CrimeNews

Twee in hegtenis geneem vir motordiefstal

Twee mans is in hegtenis geneem vir motordiefstal in die Hercules gebied.

Twee verdagtes is in Hercules gearresteer nadat hulle Maandag ’n voertuig gesteel het.

Die verdagtes is in Jenningstraat gearresteer nadat hulle drie voertuie in twee weke gesteel het.

Volgens die Hercules-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se Conrad Naudé, het die GPF en CrimeOps inligting ontvang om na ’n huis in Jenningstraat te gaan.

“Toe die lede daar aankom het hulle die verdagtes gevind wat besig was om ‘n voertuig te stroop.”

Die eienaar van buurtwag, CrimeOps, Christo de Villiers, het aan Rekord gesê twee mans is verlede week Donderdag in besit van ’n gesteelde Ford Fiesta in Van der Hoffweg betrap.

“Ons het hulle met die gesteelde voertuig van Pretoria-Noord betrap. Een man is in hegtenis geneem en die ander het weggekom. Hierdie week Maandag is ‘n Wit Uno gesteel wat in Atteridgeville gevind is.”

De Villiers het gesê dat die verdagte wat hulle verlede week Donderdag in hegtenis geneem het, vrygelaat is, maar hulle het hom weer Donderdagoggend, saam met sy vriend in hegtenis geneem.

“Die twee steel voertuie in die gebied en ons het hulle betrap toe hulle besig was om ’n 1200 Datsun-bakkie te stroop,” het De Villiers gesê.

Naudé het daarop gewys dat een van die verdagtes ook bekend is vir die handel in dwelms.

Die GPF, CrimeOps en die Hercules-polisie het saamgewerk om die verdagtes te vang.

Die polisie was nie beskikbaar om kommentaar te lewer nie.

Vir meer nuus, besoek Rekord op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button