CrimeLocal newsNews

Man wat Adj. Offisier Ben Strydom glo doodgeskiet het steeds in die hospitaal

Die man wat Adjudant-offisier Ben Strydom doodgeskiet het, steeds in hospitaal.

Kobus Wright, die man wat verlede maand adjudant-offisier Ben Strydom glo doodgeskiet het en daarna homself, is uit die waakeenheid na ‘n gewone saal in die Steve Biko Akademiese-hospitaal oorgeplaas. Wright wat steeds onder polisiebewaking is, sal in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn sodra hy uit die hospitaal ontslaan is.

Op 28 Julie het beide Wright se vrou, Renette Wright en hul sekretaresse Solome Kloppers, wat saam met hom vervalste vakansiepakette genaamd Zambezi Toere verkoop het, vir die eerste keer in die hof verskyn.

Op 4 Augustus is Solome Kloppers borgtog van ongeveer R10 000 toegestaan en op 11 Augustus is Renette Wright borg geweier. Daar is nog nie ‘n nuwe datum vir ‘n verdere hofsaak vir haar vasgestel nie.

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

Lees ook:

Polisiediens groet ‘n “held”

Gemeenskap bring hulde aan polisieman

Twee in hof oor vakansieslenter wat lei tot polisieman se dood

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button