CrimeLocal newsNews

Tiener mes-geveg breek uit

East Lynne tiener in ’n ernstige kondisie nadat hy met ’n mes in die nek gesteek is ná ’n mesgeveg.

‘n 17-jarige seun is in ’n ernstige toestand nadat ’n mede-graad 11-leerling hom in die nek met ’n mes gesteek het.

Die twee seuns het omstreeks 14:30 by ‘n Shell-vulstasie in Baviaanspoortweg, East Lynne, in ’n geveg betrokke geraak waarna een van hulle ’n mes uitgepluk het en die ander een in die nek gewond het.

Volgens Frikkie Gous, woordvoerder van Lifemed-ambulansdienste, is die beseerde seun na ’n nabygeleë hospitaal gehaas. “Hy is in ’n ernstige, maar stabiele toestand,” het hy gesê.

Dit is tans onduidelik waaroor die geveg was.

Kaptein Coba Brits, woordvoerder van die Villieria-polisie, het gesê die tiener is vir aanrandig om ernstig te beseer in hegtenis geneem.

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button