CrimeNews

Twee vermeende diewe vrygestel

Twee mans wat na bewering bekend is vir voertuig diefstal is vrygestel deur die polisie.

Twee verdagte motordiewe wat twee weke gelede in Jenningsstraat in Hercules in hegtenis geneem is, is vrygelaat weens ‘n gebrek aan bewyse teen hulle.

Kaptein Bonginkosi Msimango, polisiewoordvoerder van Hercules, sê die polisie is bewus van klagtes dat die mans voertuie steel.

“Ons het die mans al verskeie kere in hegtenis geneem, maar hulle word telkens vrygelaat omdat daar nie genoeg bewyse teen hulle is nie.”

Msimango het sê ‘n saak van voertuigdiefstal en die besit van gesteelde voertuie teen hulle word steeds ondersoek.

“Ons gaan voort met die ondersoeke. Ons wil sien of die mans ook aan ander misdade gekoppel kan word,” sê hy.

Rekord het onlangs berig oor die twee mans wat in Jenningstraat in hegtenis geneem is nadat hulle in besit van ‘n beweerde gesteelde voertuig was en dat hulle vrygelaat is omdat daar geen bewyse teen hulle gekry is nie.

Msimango het ‘n beroep gedoen op enigiemand met inligting oor die saak om na vore te kom.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button