CrimeNews

Twee oor aanranding vasgetrek

Twee van die mans wat onlangs 'n man in Eersterust aangerand het is gearresteer.

Twee van die sewe verdagtes wat vroeër die maand vir Jethren Lloyd Osborne in ‘n begraafplaas naby sy huis aangerand het, is Dinsdag in hegtenis geneem.

Osborne is die aand van die aanval aan sy wonde dood.

Volgens Cecilia Osborne, Jethren se ma, het die Eersterust-polisie haar laat weet dat die twee mans in hegtenis geneem is en dat die mans binnekort in die hof sal verskyn.

“Ek het gesê ‘dankie Vader’. Daar is nou vrede in my hart, maar die seer gaan altyd daar bly,” het Cecilia gesê.

Sy het Woendag die moed bymekaar geskraap om haar seun se kamer te begin uitsorteer.

“Sy klere het ek agter in die erf begrawe en ek voel asof ek stadig begin vrede maak met sy dood,” het sy gesê.

Cecilia is dankbaar aan al haar vriende en familie wat haar gedurende hierdie moeilike tyd bystaan.

Teen spertyd was die Eersterust-polisie nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Vir meer nuus en opvolge, ‘like’ Rekord op Facebook en volg ons op Twitter.

Lees ook: Man dies after cemetery attack

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button