CrimeLocal newsNews

Matriek-leerling erg aangerand

’n Matriek-leerling uit die noorde van Pretoria is Vrydagaand na ’n nabygeleë hopsitaal gehaas nadat hy erg aangerand is.

‘n Matriekleerling het ernstige gesigwonde opgedoen nadat ’n onbekend man hom Vrydagaand by Mojo’s in die noorde van Pretoria aangerand het.

Die aanranding het omstreeks 22:50 plaasgevind toe die leerling binne die restaurant deur dié man aangeval is.

Volgens Mirna von Benecke, woordvoerder van die Sinoville-polisie, is die leerling asook twee van sy vriende aangerand.

“Die slagoffer het Mojo’s binnegegaan waarna die man hom agtervolg het en binne die kuierplek aangerand het,” het Von Benecke gesê.

Die leerling is ná die aanranding na ’n nabygeleë hospitaal gehaas.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button