CrimeLocal newsNews

Ma en twee dogters beroof

'n Vrou en haar twee dogters is Woensdag voor hul huis in Erasmusrand beroof.

‘n Vrou en haar twee dogters is Woensdag beroof voor hul huis in ‘n veiligheidskompleks in Neptunestraat, Erasmusrand.

Lorette De Kock (43) het omstreeks 15:00 voor die huis stilgehou toe drie booswigte hulle oorval.

“Ek het my pas my ouer dogter by die Hoërskool Waterkloof gaan haal en my autistiese dogtertjie was saam met ons in die voertuig,” vertel De Kock.

“Ons het uitgeklim en besef die rowers staan om ons.”

Die mans het De Kock beveel om haar trouring en nog ‘n ring af te haal. Hulle het ook haar selfoon en voertuig- en huissleutels gevat.

De Kock sê: “My jongste dogter is getraumatiseer en sy het traumaberading ontvang. Omdat sy autisties is was ek bang hoe sy met die rowers sou reageer, maar sy het gelukkig koelkop gebly.”

Die booswigte het die afstandbeheerknoppie aan haar huissleutels gebruik om die kompleks se hek weer oop te kry sodat hulle kon wegkom.

‘n Vierde makker het glo buite in ‘n wit bakkie gewag waarmee hulle gevlug het.

De Kock sê die mans het gemaak of hulle besig was om dreine in die kompleks skoon te maak.

Dieselfde groep mans het minute voor hulle op De Kock en haar dogters toegesak het ‘n huishulp enkele meenthuise verder vasgebind en aangehou.

Hulle het die huis geplunder op soek na geld en waardevolle items.

Arthur Crewe van High-Risk Unit het gesê die mans het toegang tot die kompleks verkry deur die sein van die motorhek se sensor met kleefband toe te plak toe een van die inwoners uit ry. Die hek het oop gebly en die rowers het die kompleks binne gegaan.

Die tuinier het glo later die kleefband gesien, dit afgetrek en die hek het toe gegaan.

De Kock sê die rowers was duidelik binne die kompleks vasgevang totdat hulle haar afstandbeheerknoppie in die hande gekry het.

Die Brooklyn-polisie ondersoek die misdaad.

Lees ook: Dogter en ma voor huis beroof

Vir meer nuus, ‘like’ Rekord op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button