CrimeLocal newsNews

Familie van ongeluk slagoffer reik uit na gemeenskap

Die familie van 'n man wat verlede week in 'n ongeluk dood is, reik uit na die gemeenskap vir antwoorde oor die ongeluk.

Die familie van ‘n man wat verlede Dinsdagoggend op die brug in Hendriksstraat, Daspoort, doodgery is, soek antwoorde oor die ongeluk.

Jurie Engelbrecht (54) was volgens sy seun, Jaco, per fiets op pad huis toe, toe hy om ongeveer 05:00 deur ‘n voertuig getref is.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, het bevestig dat Engelbrecht op die toneel doodverklaar is. “Geen persoon in die voertuig is beseer nie en ons is na die toneel ontbied deur die polisie, waar ons die man dood verklaar het,” het Steinmann gesê.

Jaco sê volgens die Pretoria-Wes-polisie was daar geen ooggetuies by die ongelukstoneel nie.

Hy versoek die gemeenskap om hom te kontak as enigeen iets gesien of gehoor het.

“Ek wil net weet wat gebeur het, want tans weet ek net dat my pa dood is,” het Jaco gesê.

Die Pretoria-Wes-polisie kon weens tegniese probleme nie kommentaar oor die ongeluk lewer nie.

Indien iemand inligting oor die ongeluk het, bel Jaco Engelbrecht by 074-264-3265.

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button