MunicipalNews

Elektrisiteitsinfrastruktuur instandhouding nie op standaard

Werkers kan nie substasies vinnig herstel nie, weens ’n tekort aan toerusting en geld.

Die in standhouding van Centurion se elektrisiteitsinfrastruktuur is onder verdenking.

Demokratiese Alliansie woordvoerder vir elektrisiteit Ina Strijdom sê baie van Centurion se kragonderbrekings kan toegeskryf word aan elektrisiteitsinfrastruktuur se in standhouding wat nie altyd op standaard is nie.

Centurion het al jare lank gereelde kragonderbrekings, veral in Zwartkop, The Reeds, Heuweloord en Highveld. In Eldoraigne was inwoners onlangs 18-uur lank sonder krag. Die kragonderbrekings is nie net die gevolg van kabeldiefstal nie, maar ook weens ’n geldtekort wat herstelwerk vertraag.

“Meeste sekondêre substasies (11kV-verspreidingsubstasies) word gereeld in stand gehou. Primêre substasies (132kV-substasies) en groot substasies wat egter gereeld deur diewe geteiken word, ly onder die skade van hierdie diefstal,” sê Strijdom.

Sy sê ’n geldtekort en leë elektriese store lei tot vertragings in herstelwerk. “Tshwane Metro se nuwe finansiële jaar het eers in Julie begin. Ek vind dit onrusbarend dat elektriese store binne die eerste drie maande van die finansiële jaar reeds leeg is. Duidelik is die elektriese store nie ’n prioriteit vir die Tshwane Metro nie.”

Sy sê ’n tekort aan elektriese toerusting, veral kabels, bemoeilik herstelwerk. “Tegnici moet dikwels tweedehandse toerusting gebruik om herstelwerk te doen sodat inwoners weer van krag voorsien kan word.”

Tshwane Metro se elektrisiteitswoordvoerder was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Vir meer nuusbrokkies, like Rekord op Facebook of volg ons op Twitter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button