Man ontslaan na rowers hom skiet
Motoris wat onlangs deur rowers geskiet is, sterk goed aan.
Die motoris wat onlangs verskeie kere geskiet is toe hy sy ligte vir rowers geflikker het, is verlede Vrydag uit die Steve Biko Akademiese-hospitaal ontslaan.
Lambert Vorster (40) het op 2 Oktober niksvermoedend sy hoofligte vir sewe gewapende mans geflikker, pas nadat hulle ‘n MTN-winkel in Wonderboom Junction beroof het.
Sinoville-polisiewoordvoerder Mirna Von Benecke, sê die rowers was besig om van die toeneel af te vlug toe Vorster sy hoofligte in Safeko Makgathorylaan, Sinoville, vir hulle geflikker het omdat hulle na sy mening roekeloos bestuur het.
Twee voertuie het na die skietery weggejaag. Een was ’n silwer Jetta en die ander ’n silwer Tazz.
Vorster is Donderdagaand (2 Oktober) in die Steve Biko-hospitaal opgeneem. Belinda Bosch, Vorster se vrou het gesê hulle het van toe af tot Sondag (5 Oktober) gesukkel om ’n dokter vir Vorster te kry. Hy is op ’n waglys geplaas vir ’n noodoperasie omdat daar geen teaters beskikbaar was nie.
Vorster se vrou het by Jack Bloom, Demokratiesie Aliansie (DA) woordvoerder van Gauteng vir hulp gaan aanklop. Bloom het met die uitvoerende hoof van die hospitaal gepraat wat bevestig het dat Vorster Maandagoggend (6 Oktober) ’n knieoperasie sou ondergaan.
Vorster is weer die Dinsdag (7 Oktober) geopereer en ’n finale operasie is Donderdag (9 Oktober) uitgevoer. Vorster is Vrydag (10 Oktober) ontslaan en sterk tans tuis aan.
“Ek is in my maag en knie geskiet. Die koeël wat my in die maag getref het, lê tans op my lewer. Die dokter sê dit is skadeloos daar en dat ’n operasie te gevaarlik is. Die een in my knie is wel verwyder en nou is dit maar net tyd wat die wonde sal heel,” het Vorster gesê.
Lees ook:
Motoris steeds in hospitaal ná skietvoorval
Seven robbers on the run after shooting motorist
