CrimeLocal newsNews

Onwettige straatresies in Pretoria-Noord

Onwettige straatresies het Pretoria-Noord inwoners die herrie in.

Daar vind onwettige straatresies op Sondagaande op twee verskeie plekke in Pretoria-Noord plaas.

Volgens die Gemeenskapspolisieringsforum (GPF) se voorsitter, Hannes Venter, vind die straatresies op die hoek van Lavenderweg en Boragelaan in Annlin, sowel as op die N4 snelweg plaas.

Die wegspringplek in Annlin is by ‘n vulstasie op die hoek van Lavenderweg en Boragelaan. Volgens ‘n besorgde inwoner van Pretoria-Noord, Sarel Els, kom die jaers op Sondagaande tussen sewe-uur en tien-uur by die vulstasie bymekaar. Die toeskouers drink en rook op die perseel van die vulstasie, ‘n uiters gevaarlik is.

Volgens Venter is die wegspring plek op die N4 by die brug van Renestraat. Die jaers ry dan op die N4 snelweg tot by die Ga-Rankuwa kruising.

Die Suid Afrikaanse Polisie Dienste (SAPD) se woordvoerders in Sinoville en Akasia se dat hulle geen kennis dra van die straatresies nie.

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button