CrimeLocal newsNews

Twee in hof ná hul glo moor en lyk in winkeltrollie stoot

Vermoorde vrou se toegedraaide lyk in winkeltrollie in Lynnwood Glen gekry.

Twee mans, wat glo ‘n 35-jarige vrou in Garsfontein vermoor en haar lyk in ‘n winkeltrollie gestoot het, verskyn vandag in die Pretoriase landdroshof.

Die vrou, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, is vermoedelik eers beroof en verkrag voordat sy vermoor is.

Kaptein Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, sê die mans, onderskeidelik 32 en 28, is Sondag deur die Brooklyn-polisie in Mamelodi in hegtenis geneem.

Hulle is onderskeidelik van Nelmapius en Mamelodi-Oos.

Weilbach sê die vrou is in Garsfontein vermoor voordat haar moordenaars haar lyk in ‘n skoon duvet toegedraai, in ‘n winkeltrollie gelaai en tot by January Masilelarylaan in Lynnwood Glen gestoot het.

Haar lyk is sowat ‘n maand gelede op 13 September hier gekry.

Weilbach kon nie meer inligting gee oor hoe sy vermoor is nie, maar sê dat haar moordenaars wel aan haar bekend was.

Die mans staar aanklagtes van moord, verkragting en roof in die gesig.

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button