CrimeLocal newsNews

Kerkwerker se lyk in huis gevind

'n Werknemer van die Hatfield Christian Church in Pretoria is Maandagaand vermoor in sy huis in Pretoria-Noord aangetref.

‘n Werknemer van die Hatfield Christian Church in Pretoria is Maandagaand vermoor in sy huis in Pretoria-Noord aangetref.

Hendrik Retief (53) se lyk is ure nadat hy vermoor is deur ‘n kollega ontdek.

David de Lange, ‘n pastoor by die kerk, het gesê dié kollega het ondersoek ingestel toe Retief nie Maandag opdaag vir werk nie en het omstreeks 18:25 op sy lyk afgekom.

Luitenant Kolonel Khensani Magoai, provinsiale polisiewoordvoerder, sê Retief is vermoedelik in die vroeë oggendure vermoor. Sy hande en voete was vasgebind.

“Die polisie ondersoek sake van moord en huisroof,” sê Mogoai. “Die oorsaak van sy dood moet nog vasgestel word.”

Retief se swaer, Derick Hickley, het Dinsdag aan Rekord gesê die familie wag nog vir meer inligting van die polisie.

“Die polisie ondersoek nog die toneel en ons weet nog nie wat gebeur het nie. Ons sal eers ná die ondersoek en lykskouing afgehandel is kan begin begrafnisreëlings tref.”

Hickley sê Retief was ‘n stil man wat altyd op sy eie was. Hy het nie ‘n vrou of kinders gehad nie.

Hy het vir jare lank saam met sy ma gewoon in die huis waar hy vermoor is. Sy is sowat drie jaar gelede dood.

De Lange sê Retief was langer as 20 jaar in die kerk se diens. Hy het in die posafdeling van die kerk gewerk.

“Hy was ‘n harde werker en hy het altyd ‘n glimlag op sy gesig gehad.”

Dana Wannenburg, DA raadslid, sê mense moet veral tydens die feesseisoen en gedurende kragonderbrekings paraat en versigtig wees.

Lees ook:

Tied-­up man found dead in home was loner

Vir meer nuus besoek Rekord se webtuistes: 

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button