CrimeLocal newsNews

Voorskool ontken dwelm-arres

’n Voorskool-werknemer in Villieria is Donderdag op skoolgronde oor die besit van dwelms in hegtenis geneem.

Die Green Nest-voorskool in Villieria ontken dat ‘n werknemer in hegtenis geneem is nadat die Moot-polisie verlede week dwelms op die perseel gevind het.

Volgens Luitenant Linda Jerling, woordvoerder van die Moot-polisie, het die polisie verlede Donderdagoggend inligting ontvang dat daar moontlik dwelms by die skool is.

Sy het bevestig dat die polisie omstreeks 11:00 op die skool toegeslaan en ‘n 64-jarige vrou in hegtenis geneem het nadat die dwelms in ‘n badkamer ontdek is. Jerling het gesê die dwelms is na ‘n labratorium gestuur vir ontleding.

Green Nest het Dinsdagoggend ontken dat “onwettige middels” gekry is by enigiemand werksaam by die kleuterskool. Volgens die voorskool, is die bestuurder net deur die polisie ondervra en nie in hegtenis geneem nie.

“lndien enige onwettige middels op die perseel gevind is, is die oorsprong daarvan onbekend en dit wat gevind is, word nog ondersoek,” het Green Nest aan Rekord gesê.

Die voorskool sê dat die bestuurder/eienaar nog nooit by die aankoop, verkoop, verspreiding of die gebruik van enige onwettige middels betrokke was nie.

“Die personeel het vrywilliglik toetse laat doen om te bewys dat hulle onskuldig is en nodige ondersoek sal verloop met die samewerking van die skool,” het Green Nest gesê.

Jerling het bevestig die bestuurder verskyn in Maart volgende jaar in die hof op ‘n aanklag van die besit van dwelms.

Lees ook:

Dwelms by voorskool gekry

Vir meer plaaslike nuus besoek Rekord se webtuistes: 

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button