Bejaarde man twee keer geskiet
’n Bejaarde man van die Moot is in die hospitaal na 'n mislukte kaping.

‘n Bejaarde man is Dinsdagoggend twee keer geskiet in’n mislukte kaping in die Moot.
Adjudant-offisier Wanda Olivier, woordvoerder van die Wonderboompoort-polisie, sê ‘n 20-jarige man met ‘n BMW was die teiken van ‘n kaping in Morganlaan in Parktown Estate. Die kapers kon egter nie die voertuig nie bestuur nie en het weggehardloop met die slagoffer se motorsleutels en selfoon.
Die een kaper het in The Grovestraat ingehardloop en die 70-jarige man, wat ‘n tuindienste bestuur, twee keer geskiet. Die gewonde man is na Steve Biko Akademiese Hospitaal gehaas.
“Volgens die bejaarde man het hy ook skote met sy gelisensieerde vuurwapen afgevuur. Ons kan nie bevestig of die beweerde kaper gewond is nie omdat hy gevlug het,” het sy gesê.
Die bejaarde man se identiteit word op versoek van sy dogter weerhou.
‘n Saak van poging tot kaping en moord word ondersoek.
Besoek Rekord se webtuistes vir nog nuus:
Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.
