
‘n Bejaarde man van die Moot het Woensdagoggend aan die wonde beswyk wat hy opgedoen het na ‘n mislukte kaping in Parktown Estate.
Adjudant-offisier Wanda Olivier, woordvoerder van die Wonderboompoort-polisie, het sy dood bevestig.
“Ons ondersoek nou ‘n moord en ‘n kapingspoging.”
‘n Man het Dinsdagoggend ‘n BMW in Morganlaan probeer kaap. Hy kon nie die voertuig bestuur nie en het van die toneel met die motorsleutels en ‘n selfoon gevlug.
Die man het in The Grovestraat gehardloop waar hy die 70-jarige man, wat ‘n tuindiens bestuur, vier keer geskiet het.
Die bejaarde man het ook skote met sy gelisensieerde vuurwapen afgevuur, maar die polisie kon nie bevestig of die kaper gewond is nie.
Olivier het gesê die ondersoek duur voort.
Vir gratis gemeenskapsnuus in jou area, besoek Rekord se webwerwe:
‘Like’ ons Facebook blad en volg ons op Twitter.
Lees: Bejaarde man twee keer geskiet
