MunicipalNews

Waterlek laat geduld opdroog

'n Watermeter in East Lynne is na sowat twee weke steeds nie herstel nie.

Strome water wat lek uit ‘n watermeter het ‘n inwoner van East Lynne se verdraagsaamheid laat opdroog.

Dawie Coetzer sê sy buurman het sy aandag Maandag 2 Februarie daarop gevestig dat die watermeter buite sy erf lek en hy het die Tshwane-metro in kennis gestel.

“Ek het sedertdien elke paar dae gebel om op te volg, en my verwysingsnommer gegee, maar daar word elke keer vir my gesê dat daar baie probleme in my area is en dat ek geduldig moet wees,” het ‘n moedelose Coetzer Donderdag gesê.

Intussen word die lek net groter en meer en meer water stroom die straat af.

“Dis liters en liters water wat elke dag gemors word.”

Demokratiese Alliansie-raadslid Roelof Fourie sê hy is bewus daarvan dat die metro soms sloer met herstelwerk.

“‘n Watermeter wat lek is nie ‘n algemene probleem nie, maar ek kan ook nie sê dat dit nooit gebeur nie. Ek weet Tshwane sloer deesdae met sulke herstelwerk, maar ek weet nie hoekom nie.”

Hy sê hy probeer om elke klag persoonlik op te volg.

Kommentaar van die metro kon nog nie verkry word nie.

Vir meer gratis nuus besoek Rekord se webtuistes:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

Gaan besoek Rekord op Facebook of volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button