Local newsMunicipalNews

Raadslid wil ‘n verskil maak

Elke mens het 'n plig om 'n verskil te maak, sê raadslid Dana Wannenburg.

In Pretoria-Noord is hy gebore en getoë en dis waar hy vir die res van sy lewe ‘n verskil wil maak.

“Ek voel elke mens het ‘n plig in die lewe om ‘n verskil te maak, en ‘n bydrae te lewer,” sê Dana Wannenburg (43), raadslid van wyk 2 vir die Demokratiese Alliansie.

“Dit was ook my motto voordat ek ‘n raadslid geword het. Nou is ek in ‘n posisie waar ek nog ‘n groter verskil kan maak vir ander.”

Wannenburg het aan die Hoërskool Pretoria-Noord gematrikuleer en daarna by die polisie aangesluit.

Hy het later aankope-bestuur aan die Tshwane University of Technology (TUT) gaan studeer.

Wannenburg is 14 jaar gelede as raadslid verkies en sê dis wat hy graag vir die res van sy lewe wil doen. Sy wyk bestaan uit Pretoria-Noord, Florauna en Ninapark.

Sy planne vir 2015 is om dienslewering en die infrastruktuur in sy wyk te verbeter en sê hy hoop om die gemeenskap meer betrokke te kry.

“Ek wil hê die gemeenskap moet meer saamstaan en meer vergaderings bywoon. Dit is die enigste manier hoe ons saam ‘n verskil sal kan maak.”

Om ‘n raadslid te wees is nie altyd maklik nie.

“Inwoners bel jou met klagtes tot laat in die aand en ‘n mens kry nie baie tyd saam met jou gesin nie. Desondanks kry ek baie ondersteuning van my gesin.”

Wannenburg, wat ook ‘n eiendomsagent is, sê mense is bra ongeduldig en verwag probleme moet onmiddellik opgelos word.

“Nogtans geniet ek dit om ‘n raadslid te wees. Dit stel my in ‘n posisie waar ek mense kan help.”

Vir gratis gemeenskapsnuus in jou area, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

‘Like’ ons Facebook blad en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button