Twee laerskole in die Moot is die afgelope naweek besteel.
Adjudant-offisier Wanda Olivier, woordvoerder van die Wonderboompoort-polisie, sê Laerskool Boerefort het Saterdag deurgeloop en Laerskool Mayville vroeg Maandagoggend.
Diewe het deur die dak gesluip om gerekenariseerde toerusting by Laerskool Boerefort te steel. By Laerskool Mayville het kontant verdwyn nadat diefwering oopgebreek is.
Olivier sê daar was nog ‘n inbraak op 3 Februarie by Laerskool Boerefort omstreeks 13:00 die middag. Die diewe het elektroniese toerusting en rekenaargereedskap gebuit. “Daar is ook rekenaartoerusting by Mayville gesteel en sjokolade en koeldrank uit Mayville se snoepie.”
Minstens ses skole in die Moot het verlede jaar onder diefstal deurgeloop – Hoërskool Hendrik Verwoerd, Laerskool Voorpos, Laerskool Generaal Jacques Pienaar, Laerskool Pierneef, Laerskool Queenswood, Laerskool Derdepoort, Laerskool Nellie Swart en Laerskool Totiusdal.
Die diewe het in meeste van dié gevalle die skool se alarmstelsel en kameras ontkoppel en deur die dak geklim. Hulle het ‘n hoekslyper gebruik om die kluiste oop te sny. Tabletrekenaars en kontant is meesal gesteel.
Die departement van onderwys het teen druktyd geen terugvoer verskaf nie.
Lees ook:
Almost 2 000 tablets already stolen from schools
’n Vlaag van diefstalle tref skole
Ses skole loop onder diefstal deur
Diewe besteel skool in Queenswood
Vir gratis nuus besoek Rekord se webtuistes:
Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.







