CrimeNews

Wees op die uitkyk vir verdagte voertuig

’n Verdagte swart Kia Picanto wat die afgelope twee weke by verskeie Moot-skole opgemerk is, is 'n bron van kommer.

‘n Verdagte swart Kia Picanto is die fokus van kommer in die Moot die afgelope twee weke.

Dié swart motor word deur twee onbekende mans bestuur wat glo verskeie kere by laerskole, tydens pouse en na skool, opgemerk word.

‘n Naskool eienaar, wat verkies om anoniem te bly, het self Woensdagmiddag ‘n onderonsie met die insittendes gehad.

“My naskool-kinders het die Kia weer opgemerk en my vertel dat dié voertuig al geruime kere by die skole stilhou en met die kinders probeer praat,” sê sy.

“Ek het twee keer verby die voertuig gery waarna hulle my begin agtervolg het. Ek het in Codonialaan, Waverley stilgehou en die polisie gebel.”

Toe sy weer opkyk, het die twee mans in die Kia voor haar stilgehou.

“Een van die mans het iets in sy hand gehad wat amper soos ‘n baksteen gelyk het. Hy het gemik om dit na my kar te gooi waarna ek vir die kinders geskree het om plat te lê. Ek het weggejaag in Walterlaan se rigting.”

Sy het gesê die Kia het soms nie nommerplate nie of die plate word gereeld verander.

Sy het ouers, leerlinge, skole en versorgers gemaan om op die uitkyk te wees vir die swart Kia en die polisie of GPF dadelik in kennis te stel.

Kaptein Koba Brits, woordvoerder van die Villieria-polisie, sê geen klagte is oor dié voertuig aangemeld nie.

For more news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

Also like our Facebook page and follow us on Twitter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button