MunicipalNews

Groot skade weens foutiewe watermeter

Besighede lei groot skade weens foutiewe watermeter wat na 'n maand steeds lek.

‘n Lekkende watermeter krap sake lelik deurmekaar in Eeufees-straat in Pretoria Noord.

Yolandi Els, eienaar van ‘n kooperasie, sê dinge het op 12 Januarie begin skeefloop toe die watermeter van ‘n buur-onderneming begin lek het.

“Elke vier uur moet ek water in die straat uitpomp om te voorkom dat my eie masjienerie en grondstof nat word.”

Die silo’s waarin sy mielies berg, word ook bedreig omdat water van onder af opstoot.

“Nat mielies beteken niks. Ek gaan duisende rande verloor, indien ek nie beter beheer oor die water kry nie,” sê ‘n bekommerde Els.

Sy is ook bekommerd dat die muur tussen die twee ondernemings kan verbrokkel en inmekaar tuimel.

Johnny Mccrudden, die eienaar van die onderneming waar die foutiewe watermeter is, sê hy het reeds groot skade gely.

“My hele werkswinkel is onder water en ek kan nie my werk gedoen kry nie.”

Hy sê hy is ewe ontsteld oor die metro se versuim om die watermeter te herstel.

“Ons moet oral krag en water bespaar, maar die Tshwane-metro doen nie sy deel nie.

Kommentaar kon nog nie van die metro verkry word nie.

Vir gratis nuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button