Epilepsielyer van Centurion verdwyn
'n Jong meisie wat aan epilepsie ly het Maandag uit haar ouerhuis in Centurion verdwyn.
‘n Jong epilepsielyer van Centurion het Maandag in Amberfield Heights verdwyn.
Wilmarie van Wyk (17), ‘n graad 11-leerling aan die Hoërskool Uitsig, is die laaste keer omstreeks 12:00 by haar ouerhuis in die Emerald Gardens-kompleks in Fouriesburgstraat deur ‘n sekuriteitswag gesien.
Pierre Viviers, voorsitter van die Wierdabrug Sektor 2 se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), sê Wilmarie het vermoedelik tussen 10:00 en 12:00 verdwyn.
Sy was net voor 12:00 vir die laaste keer op WhatsApp en haar selfoon is sedertdien afgeskakel.
Viviers sê haar bekommerde ouers weet nie of sy die nodige medikasie by haar het nie.
Wilmarie het ‘n denimbroek, swart hemp en denimbaadjie gedra toe sy die laaste keer gesien is. Sy het ligte bruin/blonde hare, blou oë en is ongeveer 1.67 m lank.
Die GPF was Dinsdagoggend besig om leidrade op te volg. Die verdwyning is ook by die Wierdabrug-polisie aangemeld.
Persone met inligting kan Viviers by 083-737-7902 of die Wierdabrug-polisiekantoor by 012-654-3131 skakel.
For more community news, visit Rekord’s websites:
Also like our Facebook page and follow us on Twitter.
Read more:
Search party put together for 14-year-old
One of two missing Centurion men found
14-year-old Rooihuiskraal girl missing
