CrimeNews

Rowers steek seun (14) twee keer met mes vir selfoon

'n Tienerseun van Silverton moes sowat 30 steke kry nadat twee rowers hom vir sy selfoon getakel en met 'n mes gesteek het.

‘n 14-jarige seun van Silverton moes sowat 30 steke kry nadat twee rowers, wat sy selfoon wou steel, hom helder oordag in ‘n woonbuurt getakel en twee keer met ‘n mes gesteek het.
Dié graad 8-leerling aan Hoërskool Die Wilgers, wie se naam nie bekendgemaak word nie omdat hy minderjarig is, het in die aanval Saterdag twee diep snywonde aan altwee sy bobene opgedoen.

Kobus Koekemoer, ‘n jarelange lid van die Silverton-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) sê die seun is ‘n ent van sy ouerhuis in Nagtegaalstraat getakel terwyl hy en ‘n vriendin gestap het.

Koekemoer sê die seun het vir die meisie geskreeu sy moet weghardloop en sy het gaan hulp soek.

‘n Vrou wat oorkant die straat woon, Elize de Wet, sê sy was in haar kamer en haar man in sy studeerkamer toe hulle omstreeks 14:00 skielik ‘n kind se geskreeu hoor.

“Ek het deur die venster gekyk en ‘n man iemand teen die grond gesien druk,” sê sy.

“My man het uitgehardloop en was enkele treë van die toneel toe die twee skurke in verskillende rigtings gespaander het.”

De Wet se man het by die bloeiende kind gebly terwyl sy die seun se ma gaan roep het.

“Ons het hom huis toe gedra en hy is na ‘n hospitaal geneem waar sy wonde geheg is,” sê sy.

Koekemoer sê die mans was reeds spoorloos toe die GPF en polisie by die toneel aankom.

Hy sê die mans het glo in die rigting van die treinspoor gehardloop.

For more community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

Also like our Facebook page and follow us on Twitter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button