Local newsNews

Nog ‘n reuse sonneblom in die Moot

Nog 'n inwoner van die Moot het 'n sonneblom van sowat vier meter hoog in sy erf.

Nog ‘n man van Wonderboom-Suid het ‘n sonneblom van bykans vier meter op sy erf.

Skaars twee weke nadat Rekord berig het oor die reuse sonneblom van die Jones-gesin, vertel nog ‘n man in die omgewing van ‘n reuse sonneblom in sy erf.

Christie Roode het verlede jaar ‘n sonneblomplant van sowat 30 centimeter in sy erf ontdek. “Dit het net opgekom. Ons het geen ander sonneblomme nie en ons het dit nie geplant nie. Ons het dit natgegooi en dit het gegroei,” het Roode gesê.

Die sonneblom in Roode se erf is reeds meer as vier meter lank en laat die 1.96m-lange sonneblom van die Jones-gesin, sommer klein lyk.

Volgens hom is dit ook nie die enigste vreemde plant wat in sy erf begin groei het vir geen rede nie.

“Ek het ‘n pampoenplantjie wat besig is om te groei en ook ‘n paar tamaties. Dis vir my baie vreemd omdat ons nie kos of pitte in die tuin gooi nie.”

Rekord het vroeër berig dat die Jones-gesin voëlsaad geplant het om sonneblomme te kry maar dat net een sonneblom so groot geword het.

Volgens professor Theresa Aveling van die Plantkunde Departement by die Universiteit van Pretoria, is dit redelik algemeen om gemengde saad in voëlsaad-pakke te kry.

“‘n Mens kan nooit seker wees van die genetiese agtergrond van hierdie sade nie, juis omdat dit oorskietsade is wat nooit vir kommersiële planting gebruik word nie.

“Dit is dus moontlik om sade van verskillende variëteite, soos kort stamme en lang stamme, tussen die saad te kry,” het Aveling gesê.

Roode, wat al langer as ‘n jaar op die eiendom woon, sê dit is die eerste keer wat sulke eetbare plante skielik by hulle begin groei en hy het geen idee hoe dit gebeur het nie.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Lees: Reuse sonneblom verras gesin

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button