Local newsMunicipalNews

Brief nie vervals, versoek vir geld wél ’n slenter

Tshwane-metro-brief die waarheid, maar versoek vir geld ’n slenter, maan metro.

Die Tshwane-metro brief wat inwoners waarsku dat kragtoever na sekere persele gestaak gaan word omdat die diensterekening agterstallig is, is nie ‘n slenter nie.

Versoeke van ‘n sogenaamde metro-werker, Steve, wat R500 eis om dit weer aan te skakel, is egter wel ‘n slenter, maan metro-woordvoerder Lindela Mashigo.

Dié berugte brief is verlede week in die Montana-omgewing versprei en het inwoners dadelik op hol gehad.

Mashigo het Maandagoggend bevestig dat die metro wel hierdie soort briewe aan inwoners stuur. “Geen metro-werker mag enige geld aanvaar, behalwe as dit by een van die munisipale-betaalpunte betaal word nie. Inwoners word versoek om die metro-polisie te bel indien ‘n metro-werker omkoopgeld eis.”

Hy het gesê inwoners kan metro-kredietbeheer kontrakteurs aan hul identiteitskaarte asook hul voertuig-plakkers identifiseer.

Mashigo het gesê inwoners kan die finansies-afdeling by 012-358-5079 of 012-358-3239 kontak indien hulle metro werkswyses wil nagaan.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button