MunicipalNews

‘n Gat reeds jaar lank onopgevul

'n Gevaarlike, groot gat in Arnold Theilerstraat, staan steeds oop na 'n jaar.

‘n Gat langs die pad in Arnold Theilerstraat in die noorde van Pretoria, is na ‘n jaar steeds nie opgevul nie.

‘n Besorgde inwoner, Susan de Kock, sê die gat is meer as ‘n jaar gelede gegrou, maar niemand het dit kom toegooi nie. “Daar staan al twee meter lange mielies in die gat en dit is byna toegegroei deur bossies. Die gat skep ‘n veiligheidsrisiko. Wat gaan gebeur as iemand ‘n besering opdoen as gevolg van die gat?”

Demokratiese Aliansie (DA) raadslid Arnold van Niekerk sê die gat is nie deur Tshwane metro gegrou nie, en is dus nie onopgevul weens die stadsraad se nalatigheid nie. Hy sê die gat is deur ‘n kontrakteur gegrou wat aan ‘n nuwe ontwikkeling in Arnold Teilerstraat gewerk het. “Die kontrakteur het die gat gegrou toe hy die waterpype na die nuwe ontwikkeling aangelê het.”

Van Niekerk stem saam dat die gat ‘n veiligheidsrisiko inhou, maar dat hy saam met die Tshwane metro raadop is.

Die kontrakteur was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button