CrimeNews

Geen vonkel-pret vir kriminele

Twee vroue is Donderdagmiddag by Montana Crossing vir die besit van ongeveer R20 500 se gesteelde goedere inhegtenis geneem.

Twee vroue is Donderdagmiddag in die Sinoville-omgewing met ongeveer R20 500 se gesteelde goedere op heterdaad betrap.

Volgens Mirna von Benecke, woordvoerder van die Sinoville-polisie, het die vroue glo van winkel tot winkel beweeg en derduisende rande se klere, handsakke en sjampanje gebuit.

Die vroue is tussen die ouderdom van 26 en 30.

Die polisie vermoed die vroue het deur die loop van die oggend reeds drie verskillende winkelsentrums in die Sinoville-omgewing geteiken. Hulle het van winkel tot winkel in ‘n wit Hyundai i20 gery en die gesteelde goedere in die kattebak weggesteek.

Volgens Von Benecke het die winkelsentrumsekuriteit aanvanklik die verdagtes opgemerk en alarm gemaak. Die vroue het in die Hyundai i20 gespring en probeer vlug, maar lede van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) was vinnig op hul spoor.

Sy het gesê die GPF-lede het die polisie van die voorval in kennis gestel. Hulle het die vroue opgemerk en agterna gesit. “Die vroue en die gesteelde eiendom is teen 14:00 in die parkeerterrein van Montana Crossing vasgetrek.”

Volgens Von Benecke is die gesteelde eiendom as bewysstukke ingeboek.

Die vroue sal Maandag op ‘n aanklag van diefstal in die hof verskyn.

Vir meer nuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

‘Like’ ons Facebook blad en volg ons op Twitter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button