Boeresport bied pret vir hele gesin
Laerskool Eloffsdal het onlangs 'n boeresportdag by die skool gehou.
Laerskool Eloffsdal het Sondag ‘n boeresportdag aangebied waar kinders en ouers pret en spanbou kon geniet.
Volgens skoolhoof Deidré Kritzinger was die hoofdoel om spangees in die gemeenskap te skep en die skool te bemark.
“Dis ‘n geleentheid vir al ons ouers om weer bietjie self kind te wees met vandag se aktiwiteite soos kettieskiet, sakresies, bokskaskarresies en vele meer,” het Kritzinger gesê.
“Ons grootste item vir die dag is die bokskaskarresies en verder gaan ons die ou gunsteling, lepel en eier, bietjie verander deur aartappels in plaas van eiers te gebruik, sodat ons nie onnodig kos mors nie.”
Die laerskool het ook kinders en ouers van ‘n paar tuisskool-groepe genooi om saam te baljaar.
Verder kon gaste ook smul aan boere-lekkernye soos pannekoek en koeksisters wat te koop was.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Instagram en Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.
