Local newsNews

Man vra donasies vir operasie

'n Man van Claremont vra vir donasies vir 'n dringende operasie.

‘n Operasie vir mantelvliesbreuk in Kalafong-hospitaal het sake net vererger vir ‘n bejaarde man van Claremont in die weste van Pretoria. Nou samel hy geld in vir ‘n tweede operasie, wat dringend noodsaaklik is.

Hennie Judeel (67) sukkel sedert Januarie 2011 met ‘n mantelvliesbreuk. Sy mislukte operasie in die Kalafong-hospitaal het hy in dieselfde jaar ondergaan.

“Dit is ongemaklik en baie seer. Omdat ek net ‘n staatspensioen ontvang, kan ek nie bekostig om na ‘n privaat-hospitaal te gaan nie. Nou vra ek vir donasies,” het Judeel gesê.

Die breuk, wat om en by die grootte van ‘n eier was, is nou groter as ‘n sokkerbal.

Judeel staan feitlik daagliks by die Mayville-winkelsentrum met ‘n bord wat vra vir donasies vir ‘n operasie.

“Baie mense is ongeskik en ongevoelig. Ek het al mense gekry wat vir my gesê het ek moet net toilet toe gaan, dan sal ek beter voel,” het ‘n hartseer Judeel gesê.

‘n Vrou wat van Judeel se lot bewus geword het, Adrie Pretorius, het sy besonderhede op Facebook geplaas.

Sy skryf op Facebook: “Die oom en sy vroutjie kry net staatspensioen en so is dit nie genoeg om vir die operasie te kan betaal nie. As enigeiemand kan help met donasie of weet van iemand wat sal kan help met die operasie sal dit opreg waardeer word. So vra ons ook vir gebed dat iemand hul harte sal oopmaak vir oom Hennie.”

Omdat hy nie sy eie vervoer het nie, maak Judeel gebruik van saamrygeleenthede om te kom tot waar hy op straat staan en vra vir donasies.

Hy sê: “Ek maak regtig nie soveel geld met die donasies nie. Soms maak ek net genoeg om te betaal vir my vervoer. Dit is soms baie ontmoedigend.”

Judeel wil nie teruggaan Kalafong-hospitaal nie.

“Ek was al na Kalafong toe en hier is die nagevolge. So nou spaar ek maar waar ek kan en maak gebruik van donasies sodat ek na Bougainville privaat-hospitaal kan gaan.”

Judeel se telefoonnommer is 073-973-6157 of 078-902-9768.

Die breuk is al groter as 'n sokkerbal en baie ongemaklik en seer.
Die breuk is al groter as ‘n sokkerbal en baie ongemaklik en seer.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook, Instagram en Twitter blaaie.

Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button