GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

Ballonne maak geld

'n Kleuterskool in Waverley het onlangs ballonne gebruik om geld in te samel.

Die Nuuskierige Agies Kleuterakademie in Waverley het Vrydag ‘n unieke geldinsameling by hul skool gehou.

Dié skool se kinders het Helium-gevulde ballonne, elk met ‘n spesifieke boodskap, die wêreld ingestuur.

Die ballonne, wat vooraf deur die kinders ‘verkoop’ is, het elk ‘n unieke nommer, met ‘n boodskap wat vra dat die teruggestuur word na die skool, sê eienaar en skoolhoof, Liesel Brummer.

“Ons gaan uit al die nommers wat ons teen 30 Maart terugkry dan ‘n wenner trek. Die wenner, wat R500 sal ontvang, sal dan die maatjie wees wat dié spesifieke ballon ‘verkoop’ het,” het Brummer gesê.

“Ons is baie bly oor die geld wat ons ingesamel het deur hierdie insameling en wat ons vir verbetering van die skoolgronde gaan gebruik.”

Brummer sê die skool wou graag die gemeenskap ook betrokke maak en iets anders doen.

“Ons het ook ‘n Christelike boodskap wat saam met die ballonne gedeel word met ons ouers.”

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button