GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

Ballonne uit Pretoria gevind in Brits

Skool en ouers is baie opgewonde oor vindingryke ballon projek.

Heliumgevulde ballonne wat Woensdag by Laerskool Stephanus Roos in die noorde van Pretoria die lug in gestuur is, is by Brits in Noordwes gekry.

Skoolhoof Christo van Niekerk sê die vonds was vyf ballonne wat laag bokant die grond in die Brits-omgewing gesweef het. Hulle was ongeskonde.

Die ballonne was die vrug van ‘n vindingryke projek deur die skool om geld in te samel.

‘n Winkelgroep het ‘n pakkie ballonne aan elke leerling geskenk. Leerlinge se taak was om ‘n borgbedrag van vyf rand vir elke ballon in die pakkie te werf.

Die leerlinge het ‘n Bybelvers op ‘n stukkie papier geskryf, wat in die ballon geplaas is voordat dit met helium gevul is.

Altesaam 6 000 ballonne is uiteindelik die lug in gestuur.

Graad 7-ouer Marchelle Vorster was die vader van die blink idee.

“Ek het gedink dit is ‘n goeie manier om die Here se woord te versprei en terselfdertyd geld in te samel vir die bouwerk van die nuwe skoolsaal,” sê hy.

Van Niekerk sê altesaam R25 000 is ingesamel.

“Ek is opgewonde om te hoor waar die ballonne oral gaan land en ek hoop ons sal laat weet word as iemand nog ballonne kry.”

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button