CrimeNews

Dorandia-vrou steeds vermis

Dorandia-vrou steeds weg na byna twee weke. Haar familie is baie bekommerd.

‘n Jong vrou van Dorandia is steeds soek nadat sy 11 dae gelede verdwyn het.

Belinda Theunissen (24) is laas gesien toe sy haar 18-jarige suster by ‘n vriend in Primrose afgelaai het.

“Ons is baie bekommerd oor haar. Nie een van haar vriende of susters het al van haar gehoor nie,” sê haar tante Lea Blignaut.

Theunissen se ouers is in 2010 dood en sy woon by haar oupa en stiefouma in Dorandia.

“Ons moedig inwoners aan om op die uitkyk vir haar te wees. Ons is op soek na enige inligting wat ons na haar kan lei,” sê Blignaut.

Theunissen is laas in haar silwerkleurige Opel Corsa Lite met registrasienommer PSG 529 GP gesien.

Die Primrose-polisie stel ondersoek in.

Blignaut se selfoonnommer is 072-624-3535.

Also read:

Dorandia-vrou vermis

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button