Eerste Afrikaanse lees-toepassing vir kinders
Solidariteit Helpende Hand het Dinsdag by sy hoofkantoor in Centurion oulike Afrikaanse toepassings, Dieretuinpret, Leespret en Skryfpret vir Android fone en tablette bekend gestel.
V staan vir vark. En hoe maak ‘n vark – hy snork.
Terwyl kinders leer hoe om te klank, kan hulle ook sien hoe die varkie beweeg en terselfdertyd luister na die snork-geluidjies wat hy maak.
Solidariteit Helpende Hand het weer die voortou geneem en Dinsdag by sy hoofkantoor in Centurion oulike Afrikaanse toepassings, Dieretuinpret, Leespret en Skryfpret vir Android fone en tablette bekend gestel.
Dit is die eerste leestoepassings wat vir Afrikaanse leerlinge ontwikkel is.
Anette Taljaard, projekbestuurder van Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningssentum, sê die Helpende Hand LeesApp is ‘n poging om lees ‘n positiewe en moderne ervaring vir kinders te maak.
“LeesAPP bestaan uit drie afsonderlike toepassings en is spesifiek vir graad-eens ontwikkel en bied die voorlesing van ‘n alfabetboek, speletjies vir die skryf van letters en selfs ‘n platform vir opwindende realiteit,” sê Taljaard.
Volgens Taljaard is LeesApp ‘n kreatiewe poging om geletterdheid te help bevorder.
“Deur die gebruik van dié toepassings moedig ons nie net ‘n positiewe leeservaring by kinders aan nie, maar help ook om kinders blootstelling te gee aan die sogenaamde nuwe geletterdheid waarin tegnologie ‘n kritieke rol speel,” sê sy.
“Vergelykende studies het aangetoon dat kinders wat met behulp van rekenaartegnologie leer, beter presteer as diegene wat daarsonder leer.”
Die toepassings kan gratis afgelaai word by www.leesapp.co.za
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

