EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Wen kaartjies na “Vinkel en Koljander” vertoning by Atterbury-teater

Twee skeppende kunstenaars tree eersdaags op by die Atterbury-teater.

Vinkel en Koljander is ‘n opwindende samekoms van twee kunstenaars vanuit teenoorgestelde spektrums van ons land se musiek.

Andriëtte Norman het ‘n reuse stem en Schalk Joubert is ‘n baskitaar-virtuoos en hulle tree 20 en 21 Junie by die Atterbury-teater op.

Die paar pak ‘n intieme, dog energieke reis aan waarin hul eie musiek aangebied word, asook vele Suid-Afrikaanse kunstenaars s’n, van Johnny Clegg en Miriam Makeba, tot dié van internasionale sterre soos Paul Simon.

Schalk kan dit speel, Andriëtte kan dit sing.

Dié produksie, met van Suid-Afrika se beste musikante, beloof om opwindend, insiggewend en van die hoogste gehalte te wees.

Saam met hulle op die verhoog is Janine Neetling op die klavier en Hugo Radyn op tromme.

KOMPETISIE: Twee gelukkige Rekord-lesers kan elk dubbel-kaartjies wen om hierdie twee sterre op 20 of 21 Junie in die Atterbury-teater te sien. SMS die woord VINKEL en jou naam en van na 42282. Die kompetisie sluit Donderdag 18 Junie 2015 om middernag. SMS’e kos R 1.50. Gratis SMS’e geld nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button