EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Boerseun gaan Hollywood toe

Hy smeul op die verhoog en eersdaags gaan die boerseuntjie van Pretoria ook op die wêreld se silwerdoek smeul.

Sy maag is so plat soos ’n Italiaanse pizza.

By tye slaan sy stem hoog deur en solo mia hy in suiwer Italiaans.

Thomas Stefanus Lubbe (31), of sommer net Tommy, is Pretoria se nuutste, warmste uitvoerproduk. Eers het hy Italië en Parys (daardie een in Frankryk) se loopplanke warm gestoom en nou is hy op pad Hollywood toe nadat ’n bekende Hollywood-regisseur hom ’n rol in ’n Lionsgate-rolprent, sepie en musiekvideo aangebied het.

En hoe het hy dit reggekry?

Lubbe, wat nogal die donkerder ewebeeld van die Twilight-vampier Edward Cullen is, is deur die einste Charlize Theron – Tommy glo vas hy gaan die volgende Oscar-toekenning huis toe bring – se agent GianFranco Iobbi, raakgesien.

Nie sleg vir ’n boerseuntjie van Klerksdorp in die Noordwes-provinsie wat eintlik ’n vlieënier wou word nie.

Lubbe het jare gelede die Suid-Afrikaanse deel van die New Face-kompetisie gewen en Iobbi was ook dáár om nuwe talent te ontdek.

Dié kompetisie het hom die geleentheid gebied om in Italië modelwerk te doen waar hy ook kursusse in onder meer internasionale modelwerk voltooi het. “Ek bly al die afgelope sewe jaar in Milan en het aan verskeie mode-projekte deelgeneem,” het Lubbe vertel.

Volgens Lubbe is Italië se sterkultuur net so groot soos byvoorbeeld Hollywood s’n en hy het al skouers gestuur met Donatella Versace en Giorgio Armani.

Hy het ook al vir Charlize Theron ontmoet.

Hy het homself ’n paar maande gelede in Pretoria gevestig waar hy gekies is om Suid-Afrika gedurende Julie in California by die Wêreld-kampioenskappe vir uitvoerende kunste te verteenwoordig. Daarna gaan hy in Los Angeles vestig.

Lubbe sê hy praat vlot Italiaans, maar sal nooit vergeet dat hy eintlik Afrikaanssprekend is nie.

Lubbe het ’n meisie, Miranda Boshoff, met wie hy al ’n dekade in ’n verhouding is en ‘kom wat wil,” sê hy, ” Miranda gaan saam met my Los Angeles toe.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button