EntertainmentLifestyleLocal newsNewsUpdate

Fredi Nest verloor stryd teen kanker

Die geliefde Afrikaanse sanger het Vrydagoggend gesterf.

Afrikaanse sanger Fredi Nest is Vrydagoggend dood.

Hy is in Mei vanjaar met ‘n breingewas gediagnoseer en het onmiddellik met behandeling by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria begin.

Die kanker het vinnig na die res van sy liggaam versprei en medici was dit eens dat sy prognose uiters swak was.

In ‘n video wat kort daarna die ronde op sosiale media gedoen het, was dit duidelik dat Nest nie sy borrelende self was nie, maar steeds ‘n positiewe houding gehandhaaf het.

“Ons wil dans, man, ons wil nie huil nie,” het hy gesê. “Ons kan op ‘n ander dag huil. So ons moet nou maar hom tackle dag vir dag.”

Nest, wat op 25 Maart 1959 gebore is, het sedert 1995 altesaam 14 albums en 1 DVD opgeneem wat titels soos Sê my, Hey DJ, Kom kry vir jou, Vrystaat limousine en die meer onlangse The Desperado (saam met Esmeralda) en Fredi Nest sing John Denver insluit.

Treffers soos Getoor, Toe toe toe, Net in Afrikaans en Bly net naby my het dansvloere regoor Suid-Afrika aan die gons gehad met pure Nest-oemf en ritme. Fredi het net voordat hy siek geword het ‘n album gewy aan John Denver se musiek voltooi.

Fredi Nest se kollegas by Select Musiek sê hulle neem met groot hartseer, maar goeie herinneringe, afskeid van ‘n man wie se passie vir die lewe en musiek geen einde geken het nie.

“Ons wéét dat sy musiek vir nog baie lank, nes met diegene wie se voete jeuk vir ‘n lekker dans, vuurwarm in ons harte sal brand,” sê Select Musiek in ‘n verklaring.

 

Kyk die video:

 

Lees ook:

Bekende sanger in hospice opgeneem

Bekende Afrikaanse sanger se beroerte toe kanker

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button