Gewapende roof by bekende winkel in die Moot
Dinsdagoggend het lelik skeef geloop toe vier gewapende mans twee kettingwinkels in Ben Swartstraat roof.
Vier gewapende mans is op vrye voet nadat hulle die Spar en drankwinkel in Ben Swartstraat Dinsdagoggend beroof het.
Volgens Klaas van der Kooi van Kilnerpark-sekuriteit het vier gewapende rowers die winkels binnegestorm en die mense gedwing om op die vloer te lê.
“Hulle het die mense met vuurwapens aangehou terwyl hulle die winkels beroof het. Dit is nog onduidelik wat alles geroof is,” sê Van der Kooi.
Hy sê die mans het in ’n groen BMW van die toneel gevlug.
Die polisie kon nog nie kommentaar verskaf nie.
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 072 435 7717.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook or follow us on Twitter.
- We have exciting news! We’re offering a free alert to help you always be in the loop. Send an email with the word ‘Subscribe’ to breakingnews@rekord.co.za to receive your free daily breaking news update.

