CrimeLocal newsNews

Twintig teen twee

Twee vermeende diewe het hulle moses teëgekom toe ongeveer 20 mans op hulle toegesak het.

Twee indringers het hul moses lelik teëgekom toe sowat 20 mans hulle in die vroeë oggendure van Saterdag vasgetrek het.

Dié mans is nie net polisielede nie, maar ook lede van die Wonderboompoort GPF sektor 1.

Shaun Sanderson, voorsitter van die Wonderboompoort GPF sektor 1, sê hulle het omstreeks 03:30 patrollie gery toe die buurman van ‘n sake-eiendom alarm maak dat daar twee mans op die perseel rondbeweeg.

“Ons het stilgehou en ondersoek ingestel, maar die mans het oor die muur gespring en weggehardloop. Die patrollielede het om die blok gery en twee mans in Naudéstraat sien loop,” sê Sanderson.

Die GPF-lede het die mans sonder verwyl agternagesit. Die een man is vinnig in hegtenis geneem terwyl die ander een spore maak het.

“Die een het weggekom, maar die tweede man het oor mure en hekke gespring om te ontsnap, het hy tussen karavane probeer wegkruip. Ons lede het hom opgespoor en net daar in hegtenis geneem.”

Hy sê die een man is vir poging tot diefstal in hegtenis geneem.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button