CrimeLocal newsNews

“Die kinders het kaal voor ons gedans,” getuig man

Thomas Daves, die man wat daarvan verdink word dat hy ’n medepligtigde in die besit en verspreiding van kinderpornografie is, het in sy borgaansoek getuig dat hy wel twee foto’s van drie kaal dansende meisies geneem het.

Hulle het sit en toekyk terwyl drie minderjarige dogters kaaldanse voor hulle uitgevoer het . Hy het toe ’n “klein dogtertjie” ’n drukkie gegee en gesê sy is ’n mooi kind. Daarna het hy in sy bakkie geklim en gery,

Dit was van die skok-getuienis wat Woensdagoggend in die Pretoriase landdroshof gelewer is nadat Thomas Daves (56) en Elsie Wilson van die weste van Pretoria vir die vierde keer in die hof verskyn het op aanklagtes van die onder meer die besit en verspreiding van kinderpornografie.

Wilson, geklee in ’n bont hemp en swart broek, het vlugtig voor landdros Desmond Nair verskyn waarna haar verhoor tot 30 September uitgestel is.

Net soos hulle vorige verskyning, het die voormalige seksmaats nie enige oogkontak gemaak nie.

Wilson het Maandag in die hof aangevoer dat sy nie Engels verstaan nie en dat sy op ’n Afrikaanssprekende regseverteenwoordiger aandring. Borg is nie aan haar toegestaan nie.

Thomas, daarteenoor het besluit om getuienis te lewer sodat hy op borg vrygelaat kan word.

Thomas, ’n getroude man, het getuig dat hy Wilson “so drie of vier jaar gelede op ’n internet afspraakwebwerf, Sexy Club, ontmoet het. “Sy (Elsie) is ook getroud, maar ons het toe nog nie seks gehad nie. Ons het in April vanjaar vir die eerste keer seks by haar huis gehad.”

Thomas het aangevoer dat sy sieklike vrou en bejaarde pa finansieel van hom afhanklik is en dat daar niemand is wat vir hulle kan sorg nie.

“Ek is ’n gekwalifiseerde dieselwerktuigkundige. Ek het my eie besigheid en net ek kan vir hulle sorg.”

Riana Daves, sy vrou van die afgelope nege jaar, ly aan nier-, lewer- en hartversaking, en het by die hof opgedaag om vir haar man te getuig.

”Ek het hom steeds lief. God het ons saamgesnoer. Ek het hom nodig. Ek is baie sieklik. Ek het nie geweet van sy verhouding nie en ook nie van die kinderpornografie nie,” het sy buite hof 17 gesê nadat Nair haar uitgestuur het omdat sy later moes getuig.

Thomas het in sy getuienis sterk klem op sy rol as versorger geplaas waarop die staatsaanklaer, Paul du Plessis, gevra “of hy regtig so spesiaal is net omdat hy ’n versorger is.”

Die staat sê Thomas kan nie op borg vrygelaat kan word nie, want die getuies is bang vir hom. “Ons glo jy sal die getuies intimideer en beïnvloed,” het du Plessis aangevoer.

Thomas het dit ontken en gesê dat hy sedert Junie nie kontak met die kinders het nie.

Thomas het getuig dat Wilson ’n paar maande gelede foto’s van kaal kinders na sy selfoon gestuur het.

“Ek was geskok en het die foto’s onmiddellik verwyder. Daardie dag, toe die kinders vir ons gedans het, het ek twee foto’s geneem, maar dit was van swak gehalte.”

Die verhoor duur voort.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos naeditorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button