CrimeLocal newsNews

Bejaarde man slagoffer van padwoede

Jong man moker bejaarde met vuis.

’n Bejaarde man was Vrydagmiddag die slagoffer van geweldadige padwoede in Atterburyweg in die ooste van Pretoria. ’n Jong man het die bejaarde man in laasgenoemde se motor met die vuis bygedam.

Carmen Nel, ‘n ooggetuie, sê  sy en haar sussie het die vuisgeveg aanskou en dadelik van die pad afgetrek om die weerlose bejaarde man te help.

“Ons het ‘n hele ent van die bejaarde man se motor af stilgehou en ek het vir die jong man gegil dat hy moet ophou of ek gaan die polisie bel.”

Sy sê hulle het gevrees dat die jong man hulle ook sou aanval sou hulle nader gaan .

Nel sê die jong man was met sy hele bolyf binne die bejaarde man se voertuig. “Hy het hom herhaaldelik met die vuis geslaan.”

Sy sê die aanval het gevolg nadat die bejaarde man die jong man se voertuig liggies gestamp het.

Nadat Nel op die jong man gegil het, het hy in sy voertuig geklim en weggery.

Geen klagte is by die polisie aangemeld nie.

Lees ook:

Road rage incident leads to assault

Road rage escalates

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button