Local newsMunicipalNews

Donker strate vir Capital Park-inwoners

Inwoners in Capital Park kla oor straatligte wat steeds buite werking is na byna ’n jaar.

Corlia Kruger

Na weke sien Capital Park-inwoners steeds nie lig na protesaksie oor buite werkende straatligte in die omgewing nie.

“Trouwstraat is ’n groot probleem. Die straatligte is steeds af na vyf weke,” sê inwoner Stefan Strydom.

“Mense jaag ook in hierdie straat en dit is gevaarlik as mense saans na die kaffee hier naby loop.”

Sowat twee weke gelede is ’n kerslig-optog in Trouwstraat gehou om juis dié probleem aan te spreek.

“Daar is talle blokke waar die straatligte steeds af is,” het DA-raadslid Elma Nel gesê. Sy het ’n volledige lys en nommers van die straatligte aan Tshwane-metro verskaf.

Trouw-, Malherbe-, Flowers- en Van Heerdenstraat word meeste gelys. In Malherbestraat, op die hoek van 5e Laan, hang een van die straatligte se kop los en sommige ander lamppale is ook beskadig.

“Na beloftes van ons burgemeester, word Capital Park steeds in die donker gelaat wanneer dit by dienslewering kom. Buite werkende straatligte wat al in November verlede jaar aangemeld is, is steeds nie herstel nie,” sê Nel.

Nel meen donker strate is ’n gevaar, nie net vir motoriste en voetgangers nie, maar ook huiseienaars. “Niemand kan sien as daar iemand van buite oor ’n erf se heining klim nie. Donker strate lok diewe en maak ’n buurt onveilig.”

’n Lys van strate waar ligte buite werking is, is weer aan die metro per e-pos gestuur.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos naeditorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button