Local newsMunicipalNews

Nog waterlekke in die noorde

Gebarste pype en waterlekke bly ’n kopseer vir inwoners in die noorde.

Corlia Kruger

Lopende water in strate bly ’n probleem vir inwoners in die noorde van Pretoria.

Pype wat bars naby residensiële wonings is die afgelope paar weke die grootste kommer vir inwoners wat kla oor die vermorsing van water.

Verlede week het menige inwoners van Dorandia, Theresapark en Pretoria-Noord oor die probleem met waterlekke gekla.

Een inwoner se erf was toe onder water en nog inwoners het gekla van lekkende pype wat na maande, selfs meer as ’n jaar, nog nie herstel is nie.

“Daar het nou nog ’n pyp in Rosslyn gebars en die grondpad waarmee ek moet werk toe ry is een groot gemors met die lopende water,” het inwoner Vic Bester onlangs aan Rekord vertel.

Na waterlekke by die Tswane-metro aangemeld is, sê inwoners daar is steeds nie veel reggemaak of pype vervang nie.

“Dit bly maar ’n probleem en daar is egter nog niks gedoen in Burgerstraat waar die grootste probleem aangemeld is nie,” sê DA-raadslid Dana Wannenburg.

Wannenburg het vroeër gesê dat die probleem by ’n verouderde infrastruktuur lê en waterpype wat eenvoudig nie meer die druk kan hanteer nie.

Hy is in die proses om met die hulp van ’n petisie te eis dat die metro die pype heeltemal uithaal en vervang eerder as om slegs stukke te las waar pype bars.

Rand Water het vroeër gewaarsku teen die oorgebruik en vermorsing van water. Met die voortdurende warm somerdae en geen reënverligting nie wag daar tye van nog meer waterbeperkings.

Lees ook: 

Noorde van Pretoria onder water

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button