Laerskool Louis Leipoldt wys Sport Presteerder aan
Laerskool Louis Leipoldt se Sportmeisie van die jaar is onlangs aangekondig.
Megan Rabe van Laerskool Louis Leipoldt is as Sportmeisie van die jaar vir haar uitmuntende prestasie op die sportveld aangewys.
Sy was as netbalspeler van die jaar na haar verkiesing tot die Gauteng-netbalspan aangewys.
Sy was ook as sagtebalspeler van die jaar aangewys en is tot die Gauteng-Noord-sagtebalspan verkies.
Sy was hokkiespeler van die jaar en het Gauteng-Noord en SA kleure vir moderne danse verdien.
Rabe presteer egter nie net op sport gebied nie, maar het as onderhoofmeisie uitgeblink en ’n meriete toekenning vir akademie gekry.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos naeditorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.



