CrimeLocal newsNews

TV-aanbieder se winkel beroof

Theunis Nel se motorfietswinkel van duisende rande se voorraad beroof.

’n Bende het onlangs die motorfietswinkel van bekende TV-aanbieder Theunis Nel en sy besigheidsvennoot Jaco van Heerden beroof.

Die mans is in en uit in minder as twee minute en het met duisende rande se voorraad weggekom.

Die winkel, Woema, vernoem na die TV-program wat Nel op KykNet aangebied het, is in die Glen Gables-winkelsentrum in Lynnwoodrif.

Die winkel was gesluit toe drie mans op 30 Desember teen 06:30 die oggend die winkel se glasdeur stukkend geslaan en beroof het.

Nel het die videomateriaal op Facebook gelaai en die video is deur die teenmisdaadblad CICA (Crime Intelligence and Community Awareness) gedeel.

Volgens Van Heerden het dieselfde mans die vorige dag ook probeer om by die winkel in te breek, maar het misluk.

“Ongelukkig het hulle dié keer die winkel se deur stukkend geslaan en met ongeveer R100 000 se voorraad ontsnap,” sê Van Heerden.

Die gesteelde vooraad sluit Alpinestars-, W2- en Forma-stewels, Shark-, Suomy- en X-lite-valhelms, Leatt-baadjies asook Pirelli- en Heidenhau-bande in.

Die video wys duidelik hoe een man die winkel se glasdeur stukkend slaan en saam met drie ander mans inhardloop en gryp wat hulle kan.

Kyk hier na die video:

Van Heerden sê die video toon dat ’n vierde man in ’n wit Opel Corsa-bakkie wag terwyl die ander drie die winkel beroof. Al die voorraad word in die bakkie gelaai en die mans ontsnap daarmee.

“Dit is die tweede keer dat die winkel beroof word. Vroeër in 2015 in daar twee motorfietse ook uit die winkel gesteel,” sê hy.

Nel was ook in 2014 in die nuus toe sy regterarm moes amputeer geword het ná ’n grusame ongeluk op die N1-snelweg.

Hy is sedertdien ontslaan en sterk goed aan.

Enige iemand met inligting oor die mans in die video of die gesteelde voorraad kan die Brooklyn polisiestasie op 012-366-1700 bel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button