CrimeLocal newsNews

Sinoville gemeenskap saam teen misdaad

Sinoville-polisie, besighede, skole en inwoners staan saam om misdaad hok te slaan.

Skole, sakeondernemings, polisie en individue van Sinoville in die noorde, vat nou hande om hul omgewing veilig te maak en misdaad te bekamp.

Die Sinoville besigheids-, sekuriteit- en polisieforum is onlangs gestig deur die gemeenskap vir die gemeenskap. Hierdie groep werk saam om maatskaplike misdade in hul omgewing uit te wis en om vinniger reaksietyd in noodgevalle te verseker.

“Baie van die sekuriteit maatskappye is betrokke by komplekse en winkelsentrums. Hulle spesialiseer ook in alarms en beveiliging van kantore, woonhuise en woonkomplekse,” verduidelik polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Johan van Dyk.

“Daar is ook maatskappye wat patrollies ry en saam maak ons ’n span om na die gemeenskap se belange om te sien.”

Van Dyk sê die Sinoville-polisie se fokus bly op hul gemeenskap en sê ’n proaktiewe betrokkenheid is noodsaaklik om misdade te voorkom voor dit plaasvind.

“Ons behou ’n ‘oop-deur’-beleid met die mense in ons gemeenskap. Die kommunikasie tussen ons, besighede, skole en individue is vir ons belangrik.”

Van Dyk sê skole word veral gereeld besoek. “Hierdeur behou ons ’n goeie verhouding en bou ons die vertroue by jong mense om met die polisie te praat en misdade aan te meld.”

Verlede week het Sinoville-polisie besoek afgelê by Hoërskool Montana.

“Ons gaan die skole na vir dwelms wat dan die geleentheid bied vir opleiding van die snuffelhonde van Sinoville SAPS en Roodeplaat se hondeskool,” vertel Van Dyk en bedank die hoërskool vir die samewerking.

“Die optrede was baie suksesvol en die positiewe verhouding tussen die skole en SAPS in die omgewing is iets om op trots te wees.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n e-pos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button