CrimeLocal newsNews

Verdagte vas na moord op geliefde pastoor

‘n Pastoor is Maandagmiddag dood in ‘n erf in die Moot gevind.

Andrea Küsel

‘n Man is in hegtenis geneem nadat Elsabe van Niekerk (55) se lyk Maandagmiddag in ‘n erf in 8e Laan in die Moot ontdek is, nadat sy met ‘n mes doodgesteek is.

Die 30-jarige verdagte is omstreeks 16:30 in Rietondale vasgetrek nadat die polisie leidrade opgevolg het.

Polisiewoordvoerder, konstabel Tumisang Moloto sê die man word by die Wonderboompoort-polisiestasie aangehou en sal binnekort in die hof verskyn.

Die polisie het Maandagmiddag omstreeks 13:00 ‘n klag ontvang waarna die Wonderboompoort-polisie na die huis ontplooi is.

Polisiewoordvoerder konstabel Tumisang Moloto sê die polisie het die vrou se lyk, op ‘n erf wat na bewering, in ‘n paneelklopperonderneming is, gevind,.

“Polisie het ‘n mes wat met bloed bevlek was gevind. Die mes was vermoedelik gebruik om die moord te pleeg,” het Moloto aan Rekord bevestig.

Moloto sê die bure het ‘n bakleiery op die erf gehoor waarna hulle onmiddellik die polisie gebel het.

Nooddienste Paramedics on Call het die vrou op die toneel dood verklaar.

“Op die oomblik weet die polisie nie wat die motief vir die moord was nie, maar ons ondersoek ‘n saak van moord,” sê Moloto.

Van Niekerk was ‘n pastoor en ‘n radio-omroeper op die radiostasie Rainbow Gospel Radio.

Sy laat twee kinders en twee kleinkinders agter.

Sy het op haar profiel op Rainbow Gospel Radio geskryf dat haar kleinkinders haar hart se punt is.

“Oumie en oupie se hart se punt is ons pragtige twee kleinkinders. Glo my, ons word heeltemal om hul pinkies gedraai.”

Van  Niekerk was ook ‘n gospel-sangeres en het drie albums vrygestel. Sy was ook ‘n motiverende spreker by seminare en vrouekampe.

Medelye het intussen op sosiale media ingestroom.

Ann Venter Killian skryf: “Hoe groet ‘n mens? So onverwags… My hart is stukkend. Tannie het my getrou, het my vertel watse mooi vrou ek is. As ek af was het ek ‘n bemoedigende WhatsApp gekry. Tannie was ‘n steun pilaar vir baie van ons.”

Lees ook: 

Brutal murder hits Moot

Mutilated woman found dead

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram.

  • We have exciting news! We’re offering a free alert to help you always be in the loop. Send an email with the word ‘Subscribe’ to breakingnews@rekord.co.za to receive your free daily breaking news update.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button