GalleriesLocal newsNewsSchools galleries

Kleuters vier Hemelvaartdag

Kleuters saam met hul skool en ouers het op 'n besondere manier Hemelvaartdag gevier.

Dit was ’n koel maar sonnige 5 Mei in Pretoria toe babas, kleuters, opvoeders en ouers bymekaar gekom het by die Moreleta Duifies Kleuterskool vir Hemelvaartdag.

“So baie mense vergeet dat dit Hemelvaartdag is omdat dit nie meer ’n openbare vakansiedag is nie,” sê Ansie Wessels van Moreleta Duifies Skool.

“Ons kan ongelukkig nie ons skool sluit nie want ouers werk en ons moet na hulle kinders omsien.”

Om die dag vir ieder en elk ekstra spesiaal te maak is elke kind in ‘n blou t-hemp aangetrek wat geskenk is aan die skool.

Sowat 400 ligblou, donkerblou en ligpers ballonne met boodskappe en gebedsversoeke van die kinders is die lug ingestuur.

Hoe het jy Hemelvaartdag gevier? Stuur gerus jou fotos aan editorial@rekord.co.za

Lees ook:

Queenswood herdenk Hemelvaartdag

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button